Wanda Minnaar - Vitiligo

Toe ek 18 jaar gelede met Vitiligo gedianoseer was het ek al wat 'n kuur is probeer - van velspesialiste tot homeopate.

Daar was egter geen behoorlike kuur nie en ek en Esteé Lauder Maximum Cover Make-up het 'n langdurige verhouding begin. In April 2004 toe ek die Internet "surf" en op die Dermatologie Kliniek afgekom het, het my lewe verander.

Nou 4 maande later het my lewe totaal verander - ek is feitlik heeltemal "gesond" en daarvoor is ek die Dermatologie Kliniek BAIE dankbaar. Dankie Isabel, Christa en Louise vir al die intense brandsessies en wonderlike aanmoediging - Julle is wonderlik!

Pin It