Jop du Plessis - Ekseem

Sedert kinderjare ly ek aan erge ekseem. Dit kom en gaan en was op 'n manier onder beheer.

Drie maande gelede het dit egter so erg geword dat ek nie meer geweet het wat om te doen nie. Kortisoonpille het verligting gebring maar sodra ek dit gestaak het, het dit weer opgevlam. Dr de Beer het my op die UV behandeling laat ondergaan plus die salwe en rome, CRéME CLASSIQUE CREAM or CRéME CLASSIQUE OINTMENT.

Na 2 weke was dit 60% beter en 'n week later feitlik 100%.

Ek kan die behandeling sterk aanbeveel - ek sal verseker terugkom as dit weer terugkom. Mens moet aanvaar dat dit nooit 100% sal genees nie.

Pin It